• Skip to primary navigation
  • Skip to main content
  • Skip to footer

Bankwatch

  • About us
    • Our vision
    • Who we are
    • 30 years of Bankwatch
    • Donors & finances
    • Get involved
  • What we do
    • Campaign areas
      • Beyond fossil fuels
      • Rights, democracy and development
      • Finance and biodiversity
      • Funding the energy transformation
      • Cities for People
    • Institutions we monitor
      • European Bank for Reconstruction and Development
      • European Investment Bank
      • Asian Infrastructure Investment Bank
      • Asian Development Bank (ADB)
      • EU funds
    • Our projects
    • Success stories
  • Publications
  • News
    • Blog posts
    • Press releases
    • Stories
    • Podcast
    • Us in the media
    • Videos

Home > Bankwatch in the media > Arseenvlakke ‘steeds te hoog’

Arseenvlakke ‘steeds te hoog’

29 December 2015, Republikein

In ’n nuwe verklaring wat CEE Bankwatch Network op 22 Desember uitgereik het, hou die organisasie vol dat gesondheidsverslae verspreide “oormatige blootstelling” van gif­tige arseen by Dundee ­Precious Metals (DPM) se smeltery op Tsumeb bevestig.
Die organisasie se aanspraak is gebaseer op ’n voorlopige verslag van agtereenvolgende toetse wat die Namibiese regering tussen 2011 en 2013 gedoen het wat tot die gevolgtrekking gekom het dat “onlangse urinêre arseenkonsentrasies wydverspreide, oormatige blootstelling op die aanleg” bevestig het.
Dié verslag is in Augustus 2013 bekend gemaak.
Bankwatch sê ook inligting tot sy beskikking wys dat arseenvlakke onder Tsumeb-werkers “vér bo veilige perke is” soos dit deur gesondheidsinstellings gedefinieer word.
Die organisasie wil weer eens weet hoekom DPM nie ’n gesondheidstudie wil beskikbaar stel waarin dit beweer dat urinemonsters van 1 700 plaaslike inwoners “geen onverwagte verhoogde” vlakke van gifstowwe bevat nie.
Dit sê DPM se argument dat daar tans “geen noemenswaardige effekte op die gesondheid van die smeltery se werkers en plaaslike gemeenskap is nie”, is “dramaties” teenstrydig met internasionale standaarde oor wat aanvaarbare vlakke van die inname van arseen is.
In Maart 2011 het die Nasionale Instituut vir Beroepsgeneeskunde (NIOH), met ondersteuning van die ministerie van die omgewing en toerisme, verwys na bevindinge van opnames wat getoon het dat die gemiddelde arseenkonsentrasies in die urine van DPM-werkers op 251 mikrogram per gram ­kreatinien was.
In 2013 is die gemiddelde arseenkonsentrasie in die urine van 1 082 werkers op 300 mikrogram per gram kreatinien gevind.
Bankwatch sê hierdie lesings is “veel hoër as die maksimum aanvaarbare vlak” soos dit deur ver­skeie gesondheidsinstellings wêreldwyd bepaal is.
Volgens internasionale indekse vir biologiese blootstelling (BEI) is die aanbevole konsentrasies van arseen 50 mikrogram per gram kreatinien.
DPM was aangesê om sy kapasiteittoevoer met die helfte in 2012 te verminder en om nuwe tegnologiese verbeteringe aan te bring. Die beperking op sy kapasiteit is in Desember 2013 opgehef nadat die regering DPM se opgraderings aanvaar het.
Bankwatch sê egter ’n “wolk van onsekerheid” hang oor beloftes oor die opruiming van die smeltery se werksaamhede.
DPM het vroeër gesê sedert 2012 is twee oudits oor die hantering gedoen en dat blootstelling aan arseen wat ingeasem kan word in die loop van 2014 met 50% verminder is.

Theme: Other harmful projects

Location: Namibia

Tags: Dundee Precious Metals | Namibia | Tsumeb

Footer

CEE Bankwatch Network gratefully acknowledges EU funding support.

The content of this website is the sole responsibility of CEE Bankwatch Network and can under no circumstances be regarded as reflecting the position of the European Union.

Unless otherwise noted, the content on this website is licensed under a Creative Commons BY-SA 4.0 License

Your personal data collected on the website is governed by the present Privacy Policy.

Get in touch with us

  • Bluesky
  • Email
  • Facebook
  • Instagram
  • LinkedIn
  • RSS
  • YouTube