• Skip to primary navigation
  • Skip to main content
  • Skip to footer

Bankwatch

  • About us
    • Our vision
    • Who we are
    • 30 years of Bankwatch
    • Donors & finances
    • Get involved
  • What we do
    • Campaign areas
      • Beyond fossil fuels
      • Rights, democracy and development
      • Finance and biodiversity
      • Funding the energy transformation
      • Cities for People
    • Institutions we monitor
      • European Bank for Reconstruction and Development
      • European Investment Bank
      • Asian Infrastructure Investment Bank
      • Asian Development Bank (ADB)
      • EU funds
    • Our projects
    • Success stories
  • Publications
  • News
    • Blog posts
    • Press releases
    • Stories
    • Podcast
    • Us in the media
    • Videos
Home > Bankwatch in the media > Ministerie sê oor Dundee-stortingsterrein

Ministerie sê oor Dundee-stortingsterrein

30 November 2015, Republikein

Die ministerie van die om­gewing en toerisme is bewus van die terrein by die Dundee Precious Metals-aanleg op Tsumeb waar arseen in groot sakke in die wind en weer lê en meen ’n langtermynoplossing is die totale verwydering van alle materiale wat tans daar geberg word.
Só het die omgewingskommissaris van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Teofilus Nghitila, Donderdag gesê in reaksie op ’n artikel in ’n dagblad na aanleiding van ’n internasionale verslag. In dié verslag word aangevoer dat Dundee arseen op ’n oop perseel “opgaar” voordat dit verkoop en uitgevoer word.
“’n Rehabilitasieproses vir die bedryf en volhoubare bestuur van dié stortingsterrein vir gevaarlike goedere is ’n deurlopende saak,” het Nghitila gesê.
Die internasionale verslag is op 19 November deur CEE Bankwatch, ’n Europese nie-regeringsorganisasie, gepubliseer.
Volgens die Bankwatch-verslag “hoop die stortingsterrein op met arseen wat oor is van die smelting van Europese erts”, wat inwoners nou laat vrees dat dit hul water en grond sal besoedel.
Die organisasie sê dit laat ook vrae ontstaan oor die “ingewikkelde skema van Europese besoedeling na die Suide (Global South)” met indirekte ontwikkelingsgeld van regerings.
Bankwatch voer ook aan dat Dundee, wat die myn in 2010 gekoop het, erts van Chelopech, Bulgarye, waar die Kanadese maatskappy ook ’n goud- en kopermyn bestuur, na Afrika invoer “waar omgewingstandaarde meer laks en koste vir opknapping laer is”.
Volgens die organisasie het die Bulgaarse regering reeds in 1988 fasiliteite daar verbied om die erts van Chelopech te verwerk, omdat dit nie hoë arseen-konsentrasies kon hanteer sonder om ’n impak op die omgewing te hê nie.
Die organisasie sê Dundee verkoop arseen aan kleiner markte in Suid-Afrika en Maleisië en dat die oortollige arseen by ’n stortingsterrein aan die buitewyke van Tsumeb opgaar.
Dundee het vroeër by navraag gesê arseentrioksied word by twee terreine geberg. Een is ’n gelisensieerde stortingsterrein wat ’n “spesiaal-geboude” gebied by die arseen-aanleg is. Dit word van daar af aan kliënte verkoop.
Sonder om veel oor die tweede stortingsterrein uit te brei, het die woordvoerder van Dundee Precious Metals op Tsumeb, me. Alina Garises, gesê: “In die tyd voor Dundee is van die arseen-afval ook onveilig op oop terreine geberg, wat ons na die gelisensieerde stortingsterrein verskuif het.”
Garises het gesê Dundee Precious Metals Tsumeb bestee meer as N$4 miljard om die smelter tot wêreldstandaarde op te gradeer. Hierdie opgraderings sluit in ’n arseenaanleg om die swaeldioksiedgasse met soveel as 95% te verminder.
’n Hoëtegnologie-swaelsuuraanleg ter waarde van N$2,7 miljard sal ook verdere swaeldioksiedgasse verminder, het sy gesê.
Garises het bygevoeg dat swaweldioksiedgasse “’n irritasie is, maar nie giftig nie”.
In die Bankwatch-verslag word gesê dit wil voorkom asof die duur opgraderings nie uitgebrei is na die oop stortingsterrein waarvan daar in 2012, 2013 en 2015 foto’s geneem is nie, aangesien die “suikersakke” waarin dit verpak is steeds oop en bloot in die son, wind en reën lê.
Nghitila het in sy verklaring gesê die ministerie het oor die afgelope jare studies laat doen om die omgewingsimpak te monitor.
Dit sluit in omgewings-, veiligheids- en gesondheidsoudits in 2011. ’n Grondkartering is ook in Tsumeb gedoen, sowel as ’n “volledige mediese beoordeling” in 2013 van die huidige en voormalige werkers.
Nghitila sê in 2012, 2013 en 2014 is drie omvattende higiëne- en gesondheidsbeoordelings gedoen.
Hy het gesê die oop terrein waar die suikersakke vol arseen opgestapel is, is ontwerp om die omgewing teen enige lekkasies te beskerm. Nghitila het gesê dit het ’n dreineringstelsel wat enige loogsel kan opspoor en monitor.
“Die perseel is afgesper en word bewaak.
“Dit het ’n aantal ondergrondse boorgate in die omtrek wat gebruik word om die watergehalte te monitor. Dundee is verplig om gereeld oor die bedrywighede by dié perseel verslag te doen,” het Nghitila gesê.

Theme: Other harmful projects

Location: Namibia

Tags: Dundee Precious Metals | Namibia | Tsumeb | arsenic

Footer

CEE Bankwatch Network gratefully acknowledges EU funding support.

The content of this website is the sole responsibility of CEE Bankwatch Network and can under no circumstances be regarded as reflecting the position of the European Union.

Unless otherwise noted, the content on this website is licensed under a Creative Commons BY-SA 4.0 License

Your personal data collected on the website is governed by the present Privacy Policy.

Get in touch with us

  • Bluesky
  • Email
  • Facebook
  • Instagram
  • LinkedIn
  • RSS
  • YouTube